HOL VETKOEKE OF MET ‘N VULSEL

hol vetkoeke mete vulseltestedhol vetkoeke met vulsel 2
HOL VETKOEKE OF MET ‘N VULSEL
Maar ek dink Tanya as jy dit nie vir ‘n 2de keer laat rys nie behoort dit nie hol te wees as jy dit bak nie. My resep:
1 kg koekmeel / broodmeel
2 eetlepels asyn
2 eetlepels suiker
1 pakkie kits gis
7.5 ml sout, en so 2 tot 3 koppies louwarm water

Knie tot glad en elasties ± 10 min. Bedek bak met plastiek en laat rys 1 uur. Vorm vetkoek en bak in olie. Gewoonlik rol ek die deeg uit en druk met ‘n glas of piering die vetkoek uit, dan laat ek dit weer bietjie rys terwyl ek my vulsel voorberei. Sodra my vulsel reg is om net te prut tot gaar, bak ek my vetkoek, dan het dit weer effens gerys en as jy dit in die olie sit rys dit vanself nog en is lekker hol binne.

Resep:  Cornelia Bosman Walkinshaw

Foto en idee: Wanda van der Merwe
Vanaand het ek bietjie rondgespeel met vetkoek deeg. Lekker vetkoek deeg gevul met tamatie-uie bredie, viennas en kaas! Dit was baie lekker!
Ek het maar die 4 kante bymekaar gevou en met ‘n groot gesukkel het ek die punte maar net inmekaar gedruk en die bondeltjie liggies in my hande gerol. Dit is nogals tricky, die deeg kan nie te dun wees nie. Ek het die kante bietjie dunner gedruk na ek die vulsel ingesit het om dit als bymekaar te kan kry.