HOE OM JOU STRYKYSTER SKOON TE MAAK
HOE OM JOU STRYKYSTER SKOON TE MAAK
Ek het ook navorsing gedoen. Ek het die asyn en sout probeer maar dit het geen verskil gemaak nie. Ek was bang dat die tandepaste die teflon sou krap. Julle sal nie glo wat ek gedoen het nie. Parasetemol /Panado!!!
Dit het gewerk soos ‘n bom. Maak die yster warm (Cotton). Knyp Parasetemol tablet met tang vas sodat jy jouself nie brand nie en vryf stadig oor die swart areas. Dit borrel die swart los as dit warm word! Dit maak ‘n swart “sousie” op die yster. Hou ‘n dik nat lap bederhand en stryk kort -kort daaroor om die swart sousie te verwyder voordat dit weer aanbrand op die yster. Ek was so opgewonde dat ek vergeet het om fotos te neem. Hier is egter die eind resultaat!
Foto en idee: Christo Robbertse

