HOE OM BRUISMEEL TE MAAK


HOE OM BRUISMEEL TE MAAK
9 koppies koekmeel
8 teelepels bakpoeier
2 teelepels koeksoda
2 teelepels kremetart
1 pak Maizena
Sif 3 x deur
BRON – Talitha van Niekerk
Wietske Mioch Roux – Waarvoor sou die Maizena wees? Ek het al bruismeel gemaak net met koekmeel, kremetart en koeksoda. Wonder of dit dan “ligter” is?
Rina Kleinhans – Wietske Mioch Roux ek reken ook dit is dan “Ligter” en so sal dit jou gebak ook dan lekker lig en sponsig maak.. dis maar wat ek dink kom ons hoor wat se Thys Taljaard
Thys Taljaard – Maizina of te wel “corn starch” het 2 funksies nl.
1. Dit werk as n verdikkings agent… word meestal gebruik daarvoor; maar
2.Dit kan ook as n “stabilizer” gebruik word in meeste gebak is dit waarvoor dit bygevoeg word in resepte. Hoop dit help Rina Kleinhans
Petronella Kleintjie Botha Pieterse – Mazeina maak dit stywer, nie so loperig soos bv wanneer jy melktertvulsel maak. Dit maak natuurlik ook die hoeveelheid koekmeelblom wat jy gebruik minder.