HEERLIKE KERRIEVIS


HEERLIKE KERRIEVIS
1,5 kg vis klaar gaar (braai mote in olie – gerol in meel en vis speserye na smaak_
Sit in glasbak
3 grootuie – sag gaar gebraai tot deurskynend (nie bruin)
Kook die volgende saam:
1 eetl kerriepoeier
3 ml borrie
12,5 ml gemengde speserye
2 ml fyn naeltjies
5 ml paprika
5 ml fyn gemmer
10 ml sout
5 ml mosterd
1 kop ligte bruinsuiker
1 kop droë wit wyn
2 kop bruin druiwe asyn
12,5 ml blatjang
3 eetl fyn appelkooskonfyt
Vis gaar
Kook saam (mengsel)
Gooi uie by gekookte asyn mengsel
Kook 2 tot 3 minute
Laat die mengsel afkoel
Gooi oor vis
Los een week in yskas (toe in Gladwrap) – draai gereeld
Bottel of eet na ‘n week
Resep en foto: Rachel Celotto