GROENTE OP DIE VUUR


GROENTE OP DIE VUUR
Dis hoe ons braai groente maak. Vat 2 tot 3 velletjie foelie en maak ‘n holte in die middel. Gooi soveel mix veg in as wat jy wil eet. Moet die gesnyde groente wees. Die ander is nie so lekker nie. Strooi chilli aromat oor.
Sit 2 eetlepels botter en 1 eetlepel gegeurde roomkaas op. Maak toe en braai oor die kole vir so 20 minute.
BRON – Nico-Jenny van der Merwe
Marthie van Breda – Het jule al AArtappelblokkies met uie so gaargemaak; heerlik
Nico-Jenny van der Merwe – Ons maak mielies ook so gaar. Het ook al babymarrows probeer. Ook sampioene met knoffel botter. Dis lekker en gesonde bykos vir braaivleis. Iets anders as die gewone pap en sous of slaai en braai broodjies.