GIDEON SE SEEKOS POT
GIDEON SE SEEKOS POT
Braai 2 gekapte uie, 1 gekapte soetrissie en pakkie spek in warm potjie. Voeg dan pakkie gekapte sampioene by en braai verder tot amper gaar.
Maak sous van
1 pk sampioensoppoeier
2 koppies room
2 koppies witwyn
fish spice en witpeper na smaak
lekker handvol gekapte vars dill
Voeg sousmengsel by potjie en kook (eintlik prut) verder. Voeg ook sommer dan 1 fyngekapte chilli en paar gekapte knoffelhuisies by.
Wanneer sous amper gaar is voeg blokkies hake (Stokvis) by en so 2-3min daarna swartmossels, prawns en calamari-ringe. Kook vir nog so 6-8minute. Probeer om nie nou meer die pot te roer nie anders mash jy die vis en die mossels.
As die sous enige tyd te dik begin lyk voeg nog wyn by (in die pot ja, maar ook sommer in jou glas – die potjie is maar vinnig gaar en drinktyd is min!!)
Bedien met rys. Geniet!!!
Resep: Liezl Louw
Foto: Gideon Louw

