GIDEON SE AARTAPPELGEREG

gideon se aartappel geregtested
GIDEON SE AARTAPPELGEREG
8 aartappels gekook en in wiele gesny
1 pakkie sampioene gekerf
1 ui gekerf
1 eetlepels crushed garlic
2 koppies gerasperde kaas
1 pakkie sampioen sop
1/2 liter room
1 koppie melk

Smoor die uie, sampioene en garlic in ‘n bietjie olie
Pak die aartappel wiele in ‘n oondbak en strooi die sampioenmengsel daaroor
Strooi sout na smaak oor die aartappels
Meng die room, melk en pakkie sop en bedek aartappels daarmee
Bak dan in ‘n voorverhitte oond op 180 ºC vir ‘n uur
Strooi nou die kaas bo oor en grill tot kaas gesmelt is
Resep en foto’s – Gideon Louw