EISBEIN

 

EISBEINtested

Bly maar vir my nog die lekkerste. Daai gekookte bord kos.
Tot gister wou ek nie eers bacon eet a.g.v. al die Gamon ens oor die fees tydperk. Gisteraand besluit ek om vandag Eisbein gaar te maak. Ek het dit vir 3 ure in n toe bak in die oond op 160 grade gebak. Daarna bietjie basting op gesit en in n oop bak gebak in die oond vir 15 minute. Saam was Rys, Groen Boontjies, Gemengde soet pampoen en patats, tamaties en Avo slaai en ja die aartappels op die Konsertina aartappels resep. Toe ek die Eisbein uit die bak pan wou haal het die vleis sommer so van die been af geval.
BRON – Koos van der Merwe