EIERLOSE KLUITJIES (DUMPLINGS)

dumplingstested

EIERLOSE KLUITJIES (DUMPLINGS)
1 ½ koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
4 eetlepels botter of margarien
1 koppie melk

Meng die droë bestanddele saam, voeg die botter of margarien by en vryf dit by die droë bestanddele in. Voeg die melk by en meng tot ‘n sagte deeg. Skep lepelsvol van die deeg op die vleis, plaas die deksel op en kook vir 20 min op ‘n lae hitte.
Foto en resep: Hannelie Bezuidenhout