BASAAR POEDING/SKUIMPOEDING

basaar poedingtested

BASAAR POEDING/SKUIMPOEDING
Een blikkie Ideal Melk vorige dag in yskas geplaas.
2 pakkies aarbeie jellie.
Elke pakkie jellie aangemaak met 1 koppie kook water.
Laat rukkie afkoel, voeg dan koue ideal melk by jellie en lits vir ‘n rukkie.
Optional: Vars perskes opgesny en bygevoeg.
Plaas in die yskas om te stol.
Foto:  Mary Strydom
2de Foto en resep Nicolene Botha

 

Anna du Toit
Ek maak myne in ‘n groot bak by die huis.
Sit onder in bak ‘n laag beskuitjies, ‘n bietjie appelkoos konfyt op elke beskuitjie, dan warm vla bo oor en as verkies strooi ‘n bietjie klapper tussenin.
Dan ‘n laag jellie afgekoel met vrugte na jou keuse in.
Gebruik minder water in jellie as vrugte baie sap in het.
Laat stol en voeg weer vla of tussenin beskuitjiekrummels en weer ‘n lagie jelly as verkies met kondensmelk of idealmelk in jellie geklits.
Heel bo op versier met koekiekrummels en room. Die room wat jy in spuitvorm koop of varsroom of styfgeklopte room.