AVOKADO KAASKOEK

avo kaaskoek 1testedavokado kaaskoek adam

AVOKADO KAASKOEK
250 g tennisbeskuitjies
100 g botter
1 pakkies lime jelly of enige groen jellie
100 ml kookwater
750 g roomkaas – cream cheese
2 groot ryp avokado’s
15 ml suurlemoensap
*  Lees nota asb?
Berries, avo’s en kiwi’s.  of enige vrugte van jou keuse.(opsioneel)

Meng koekies en botter. Druk in pan en bak 5-8 min by 180ºC.
Los jellie op in kookwater. Meng puree avo, cream cheese en suurlemoensap by jellie. Gooi bo-oor koekies en los oornag om te set. Maak koek los uit pan en versier met vars vrugte
BRON – Dini Redgard
Foto:  Rina Kleinhans

Nota: Ek het altyd verby die een geblaai tot vandag wat ek besluit het om dit te probeer en “mense” dit is regtig heerlik, ek beveel hom regtig aan. Ek het die kaaskoek bedien met vars vrugte wat ek baie klein gesny het en net bo-op geskep het. Ek het wit en swart druiwe, spanspek en pynappel gesny, ‘n paar rooi kersies vir kleur en bietjie vars vrugte sap oor die vrugte gegooi. Die kaaskoek het pragtig gestol ek het 2 teelepels gelatine ekstra bygesit, want ek het bietjie meer avo en roomkaas gebruik. Probeer hom gerus.. julle gaan aangenaam verras wees.

Foto 2 – Adam Cloete
Ek het hierdie Avo Kaaskoek resep probeer, maar het die kors weggelaat en van dit ‘n Avo Kaastert gemaak. Ek het vrugte onder in die bak gesit, ‘n lagie jellie daaroor gesit en eers laat stol voor ek die res van die mengsel ingesit het. Na dit alles gestol het, het ek dit omgedop om die ondeste kant bo te hê. Dit is regtig buitengewoon lekker. Ek het cream soda jellie gebruik
avokado kaaskoek adam