AARTAPPEL KAASKOEKIES

aartappels kaaskoekiestested
AARTAPPEL KAASKOEKIES

6 medium aartappels gekook, en fyn gemaak
Voeg by 1 eier en 60 ml koekmeel en meng goed.
Voeg 250 ml gerasperde kaas by en meng goed, vorm koekies.
Nou toast jy 4 snye brood en maak fyn in voedselverwerker vir krummels indien jy nie krummels het nie.

In ‘n aparte bak sit jy 2 geklitste eiers saam met bietjie melk.
In nog ‘n plat bord sit jy die broodkrummels
Plaas koekies eers in eier en dan in broodkrummels. Pak op bord oop.
Laat goed koud word in die yskas.
Bak in warm olie totdat koekies bruin is aan elke kant.
Ek het sommer vir lekkerte so bietjie Groente speserye bygevoeg.

Foto en resep:  Ronel  Muller Thoma