WARM SLAAI MET FETA EN AARTAPPELS

Warm slaai met feta en aartappelstested
WARM SLAAI MET FETA EN AARTAPPELS
4 – 5 groot aartappels
Slaaisous:
65 ml mayonnaise
65 ml suurroom of natuurlike jogurt
10 ml wynasyn
7 ml heelkorrelmosterd
45 ml gekapte grasuie
45 ml gekapte sprietuie
ongeveer 150 ml fetakaas, gekrummel
sout en varsgemaalde swartpeper

Kook aartappels tot sag. Dreineer, laat effens afkoel, skil en hou eenkant.
Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam, geur met sout en peper na smaak.
Sny die aartappels in blokkies en meng liggies met die slaaisous.
Rangskik ‘n paar blaarslaaie op ‘n plat opdienbord, skep die aartappels bo-op terwyl warm.
Sprinkel gekapte sprietuie bo-oor vir garnering.
Variasies:
Vervang die gekapte grasui met gekapte agurkies.
Vervang die fetakaas met bloukaas, of gebruik feta- en bloukaas om die helfte.
Voeg gekapte hardgekookte eier by die slaaisous.

Dit lewer 4 – 6 porsies
Resep geplaas deur Lorraine Weitz Brand – Uit die samestelling – Bykosse
Foto:  Frances Smith