VINGERLEK OROS HOENDER

Rina Bohmcker‎ se oros hoendertestedoros hoender gerda

VINGERLEK OROS HOENDER

1 x 2 kg hoender
1 koppie Oros
1 koppie blatjang
1 koppie mayonnaise

Braai hoender liggies in olie en pak in oondbak.
Meng Oros, blatjang en mayonnaise saam, gooi mengsel oor hoender.
Bak by 180°C vir 1 ½ uur lank in voorverhitte oond.
Die kinders gaan vingerlek lekker eet en stoei oor die laaste stukkie.

Resep: Johanna Hector
Foto: Rina Bohmcker‎

Tweede Foto:  Gerda Venter
Nota: Ek het aartappels en uie groot gesny en ingegooi. Ek het ook bietjie tamatiesous en mayonnaise en dan knoffelsousie sommer daai wat jy aanmaak met water bygegooi en in die oond gebak teen so 160°C vir 2 ure om en by. Die ou “ongesonde”velletjie was sommer so lekker crispy. En die aartappels was net so lekker. Oros net so ingegooi nie aangemaak nie.

Ansi Fourie Pypers Fourie – Just make sure that you use salt and pepper on your chicken.