TUISGEMAAKTE CHAKALAKA

TUISGEMAAKTE CHAKALAKA
1,5 kg tamaties, geskil en fyngekap met Twista
5 groot uie, fyngekap
2 groot groen soetrissies, ontpit en repies gesny – omtrent 2 cm lank
1 koppie witasyn
2 koppie wortels gekook – ek maak ringetjies want dit lyk mooi maar grof gerasper kan ook werk
1 teelepel sout
1 teelepel peper
2 hoogvol teelepsl kerriepoeier of meer indien van baie sterk hou
2 koppie suiker
2 hoogvol eetlepel maizena

Braai uie en groen soetrissie in bietjie olie.
Voeg asyn by en sit deksel op en kook verder tot heeltemal sag.
Voeg tamaties by en kook deur.
Voeg die res van die bestanddele by, behalwe Maizena, en kook deur.
Voeg laaste maizena aangemaak met bietjie water by en roer deur. Kook paar minute tot maizena gaar is.
Bottel warm.