“ROMANY CREAM” ROOMYS NAGEREG


“ROMANY CREAM” ROOMYS NAGEREG
Ek maak die volgende roomys paar dae voor kersdag.
2 liter vanilla roomys
1 blik karamelkondensmelk
1 pak “Romany cream” koekies
kersies en neute
Laat die roomys sag word, maar nie gesmelt nie. Maak koekies fyn.
Pak lae in ‘n groot bak met roomys, koekies, hompe karamel, kersies en neute. Herhaal die lae tot al die bestanddele gebruik is. Plas die bak in die vries en laat dit weer vries en gereed is vir kersdag.
Resep: Marina Fouche