PORTUGESE GEKRUMMELDE HOENDER
PORTUGESE GEKRUMMELDE HOENDER
Bron: Adam Cloete (aangepas uit Old Mutual se 500 Uitsoek Resepte.)
FOOD LOVERS RECIPES
hoendersnitte van jou keuse (ek het vlerkies gebruik)
sout en peper na smaak
olie om in te braai
1 mediumgrootte ui, in dun skywe gesny
1 groot tamatie, in dun skywe gesny
4 eetlepels wyn (seker enige wyn want dit word nie gespesifiseer nie. Ek het rooiwyn gebruik)
meel, eier en broodkrummels
Verhit die olie in ‘n kastrol en plaas die hoenderstukke daarin saam met die sout en peper.
Braai tot die hoender begin verbruin. Voeg die uie en tamatie by, asook die wyn.
Prut vir ongeveer 20 minute of tot die hoender gaar is. Indien nodig, voeg bietjie water in die kooktyd by.
Verwyder die hoender en prut verder totdat die tamatie en uie heeltemal sag is en ‘n smoor vorm.
Ek het bietjie water en ketchup bygevoeg om dit langer te prut en dikker te kry.
Rol die hoenderstukke in meel, eier en krummels en braai in olie tot goudbruin.
Skep die tamatie en uie smoor onder in ‘n opskepbake en rangskik die hoender bo-op dit.

