PASTA SOUS
jong ek het nie ‘n resep nie, ek vat net alles uit die tuin, tamaties, het so baie gehad, sommer baie, onvel dit, sny dit in stukke,paprikas/rissies, genoeg uie, grof, stingel seldery, wortels, en ‘n paar huisie knoffel , kook tot gaar, dan het ek dit met die staafmenger fyn gemaak.
Daar moet nog suiker by vir die suur van die tamaties, jy kan dan ook nog tamatie pasta by doen vir die kleur, ek gooi eers die kruie in as ek dit gaan gebruik, ek het ‘n klomp in gevries en die in die bottels het ek geweck, anders hou dit nie, omdat daar nie asyn in kom nie, 20 min weck dan is dit goed, die doppe moet natuurlik lug dig afsluit. As jy weck los dan so 2 cm oop van bo af, nie vol maak nie….3/4 water in jou pot en dan bring jy dit aan die kook, maar hou dit teen kook aan, vir 20 min, jy mag dit uit haal of net so laat afkoel. As jy stapel, dan moet jy dit uit haal!
Foto en resep van Pearl Van Der Walt

