PAPTERT ALA KOOS

paptert ala koostested

PAPTERT ALA KOOS
Hierdie spesifieke paptert is so gemaak:
Maak ‘n pot slap pap, tussen heel slap en medium styf. Ons ken dit maar as gewone slap pap maar dit moenie te slap of te styf wees nie.
Braai uie, groen, rooi en geel peppers, tamaties en mushrooms saam.
Voeg sout en peper, ‘n bietjie suiker en tamatiesous by. (Hier kan jy insit net wat jy voor lus is)
Kook vir ‘n rukkie en die belangrikste, maak seker jy het baie gerasperde kaas.
Wanneer die pap halfpad gaar is, skep ‘n laag pap in ‘n oondvaste bak.
Skep van die gekookte mengsel oor die pap.
Gooi baie kaas oor, Bedek heeltemal.
Skep dan die volgende laag pap, en gooi dan die laaste sous oor.
Gooi nou weer ‘n klomp kaas oor.

Hou by die volgorde:
Pap
Sous mengsel
Kaas
Pap
Sous mengsel
Kaas
Sit in die oond en bak teen 160°C vir ‘n uur.
Hou dop dat die kaas nie brand nie.
Bak net van onder met die oond fan aan.

Foto en resep:  Koos van der Merwe

Hilda Harvie:
Ek maak ook ‘n paptert wat mense hul vingers laat afeet. Ek gebruik nie n resep nie, sommer so uit my kop. Ek maak ‘n potjie pap, nie te slap, net amper styf. Roer een blikkie geroomde sweetcorn by die pap. Geheim van lekker pap is genoeg sout en botter (margarien). Braai uie, knoffel liggies met botter of margarien saam met pakkie gekapte bacon. Gooi een blik soet tamaties by gebraaide bacon en geur na smaak. Maak witsous, genoeg om lae te pak. Rasper lekker baie kaas. Pak nou in lae. Eers ‘n lagie pap, dan die bacon mengsel, dan die witsous en gooi kaas oor. Pak nog so laag en gooi genoeg kaas bo-oor. Bak nou in oond tot mooi bruin bo. Dit is vingerleklekker!! Eintlik kan jy speel met bestandele. Greenpeppers,sampioene ens… kan ook by die baconmengsel gevoeg word. Hierdie kan regtig ‘n ete op sy eie ook wees vir die papliefhebbers… SOOS EK!!