OONDBRAAI SKAAPBOUD


OONDBRAAI SKAAPBOUD
Druk gate in vleis
Gooi 125ml balsamic vinegar oor
Gooi 125ml rooiwyn oor
Gooi Ina Paarman se braaivleis speserye en growwe sout oor en vryf in. Vat Dijon mosterd en knoffel paste en smeer oor die hele boud.
Druk vars roosmaryn oral in
Gooi vars origanum en tiemie ook oor. Gooi ook groen peperkorrels oor
Sit groot genoeg foelie in bak en sit boud daar in. Gooi die sous wat in bak was ook oor.
Sny uie op en strooi oor. Pak rou wors om die vleis. En gooi klein tamaties in en gedroogte olywe. Maak toe en sit in oond
Bak vir ongeveer 2 ure by 200°C. Laat rus die vleis ‘n rukkie en sny soos verkies.
BRON – Marian van Deventer