LEKKERSTE MELKTERT OOIT

LEKKERSTE MELKTERT OOITtested
LEKKERSTE MELKTERT OOIT
KORS
1/2 pond botter (450g)
1/2 koppie suiker
3 1/2 – 4 koppies koekmeel
2 eiers
3 teelepels bakpoeier
Knippie sout

Maak botter sag en room met suiker.
Klits eier by.
Meng meel, bakpoeier en sout by.
(Maak 6 tertkorse)
Bak by 180ºC tot gaar.
VULSEL.
4 koppies melk
1 koppie suiker
1/2 koppie meel
1/4 koppie maizena
1 groot lepel botter
3 eiers geskei
1 teelepel vanilla.

Meng al die droë bestanddele met die eiergee en deel van die melk. Verhit res van melk met botter in tot kookpunt. Voeg meelmengsel by melk. Roer aanhoudend tot gaar. Klit wit van eiers styf en vou goed by gaar mengsel Voeg vanilla by. Gooi in gebakte tertkorse Moenie weer bak nie. Strooi Kaneelsuiker bo-oor
FOTO – Hanlie Schneigansz