LEKKER LEPEL SKONS
LEKKER LEPEL SKONS
Kan nie onthou waar ek dit gekry het nie, moontlik hier op die blad.
4 koppies bruismeel
1 teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
½ koppie olie
1 koppie karringmelk
2 teelepels suiker
Sif droë bestanddele en suiker.
Meng olie, eiers en melk.
Meng alles saam tot ‘n slap mengsel.
Skep met ‘n lepel in kolwyntjiepannetjies.
Bak 200°C tot ligbruin so 12 -15 min.
Kan blokkies kaas/ 1 koppie worsies/ spek byvoeg.
Lekker eet!
Resep en foto: Rindi Goosen

