KOOS SE TUNAGEREG MET RYS
KOOS SE TUNAGEREG MET RYS
Nie blikkies Tuna nie vars Tuna.
Maak jou rys gewoonweg gaar.
Sny die Tuna in blokkies so 2 x 2 cm.
Vat so 250 gram botter in n pan en verhit op die stoof.
Gooi blokkies Tuna by die botter sodra die botter kook punt bereik
Moenie te veel vis op een slag probeer gaar braai nie dit gaan breek en soos vis koekies begin lyk en jy wil heel blokkies vis he.
Gooi Vis speserye op die Tuna en begin braai in die botter
Voeg dadelik crushed garlic by sommer so een of twee eetlepels en roer alles aanhoudend terwyl die vis braai in die botter.
Jy kan ekstra sout en peper byvoeg of nog vis speserye dit is na smaak.
Wanneer die Vis begin bruin bak haal die pan af van die hitte.
Stel die plaat se hitte af in my geval van 6 na 2 en wag tot die plaat die verlaagde hitte bereik het
Sit nou die pan met die gebraaide vis terug op die plaat en wag tot dit stadig borrel
Voeg vars room by en roer tot room heeltemal stol saam met die vis. So 250 ml room
Skep oor die rys en bedien.
Jy kan bietjie Mixed Herbs oor die gereg strooi net so vir kleur om die wit te breek.
Resep: Koos van der Merwe

