KAAS-PLAATKOEKIES
KAAS-PLAATKOEKIES
½ koppie fyngekapte ui
2 eetlepels botter of margarien
¼ koppie meelblom
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
6 eiers
2 koppies gerasperde kaas
Braai die uie tot goudbruin in die botter. Sif die meelblom, sout en bakpoeier saam. Klits die eiers goed. Vou die kaas in die eiers en dan die droë bestanddele en ook die uie. Skep lepelsvol op ‘n warm gesmeerde pan. Bak bruin aan die een kant, draai om en bak anderkant.
Tamatiesous:
1 klein blikkie tamatiesop
1 teelepel Worchestersous
‘n paar druppels rissiesous
Meng en verhit tot dit kook en bedien saam met die koekies.
Foto en resep geplaas deur Adam Cloete

