JOHANNA SE MALVAPOEDING
JOHANNA SE MALVAPOEDING
Resep geplaas deur en foto: Johanna Bouwer
FOOD LOVERS RECIPES
1¼ koppies koekmeel
2 teelepels koeksoda
¼ teelepel sout
2 eiers
1 koppie strooisuiker
2 eetlepels botter
½ koppie karringmelk
1 eetlepel appelkooskonfyt
½ teelepel fyngerasperde lemoenskil
4 eetlepels lemoensap
1 eetlepel asyn
Sous:
190 ml botter
375 ml room
1 koppie suiker
190 ml water
5ml vanilla geursel
Sif die koekmeel, koeksoda en sout 3 keer saam. Klits die eiers, voeg die strooisuiker geleidelik by en klits tot lig. Verhit die botter, karringmelk, appelkooskonfyt, lemoenskil, lemoensap en asyn (moenie bekommerd wees as die mengsel skif nie). Klits vinnig met n handklitser en vou dan die meelmengsel om die beurt met die botter mengsel by die eier mengsel in. Klits net n baie kort rukkie om alles goed te meng. Bak 45 minute by 180ºC in n 30×20 gesmeerde pan.
Sous:
Verhit die botter, room, suiker, water en vanilla en roer totdat die suiker opgelos is. Steek die poeding vol gaatjies en giet die warm sous oor die warm poeding. Sit voor met roomys en of vla.

