Interessante wenke
1) Plaas ‘n aartappel in die broodblik om brood vars te hou, as jy die nie in jou yskas berg nie.
2) Verhit suurlemoen in die oond of kookwater om die sap makliker uit te druk
3) Gooi ‘n handvol klam teeblare in ‘n stofsuiersak. Skud die sak deeglik. Gooi die teeblare uit. Die sak sal weer mooi skoon wees.
4) Gooi 5ml suurlemoensap by water waarin rys gekook word. Dit maak die rys witter.
BRON – Petronella Kleintjie Botha Pieterse
Elsie Venter – Haal etikettegom van botteltjies af met Brasso en lappie of sommer kombuispapier. Dit werk ook vir hierdie taai pleistergom wat so kan klou.
