HESTER SE MAKLIKE PIESANGBROOD


HESTER SE MAKLIKE PIESANGBROOD
4 ryp piesangs (fyngedruk)
½ koppie margarien
½ telepel koeksoda
½ koppie melk
1 teelepel vanilla geursel
2 koppies koekmeel
2 eiers (geklits)
1 koppie suiker
1 ¼ teelepel bakpoeier
Meng al die bestanddele, behalwe die koeksoda, piesangs en melk bymekaar. Maak die koeksoda aan met die melk en voeg by die ander reeds gemengde bestanddele. Voeg die piesangs by, meng deur en skep in broodpannetjie. Bak vir 1 uur op 180 °C (350 °F) of in die Mikrogolf oond in ‘n gesmeerde glas broodpannetjie of bak vir 8 min!
Resep en foto: Hester de Bruyn
Posted: Amanda Conradie
Nota van Suretha Bellingan Ek het die beslag drie keer aangemaak en het vier brode gekry. En die mini ene wat ek spesiminaal vir my dogter gebak het.