GEBRAAIDE LAMSNEK

Skaapnek Braaitested
GEBRAAIDE LAMSNEK
Die lam’s nek hier op die foto het ek so ‘n maand terug in die lengte laat sny en sommer met ‘n uit die kop resep gaar gemaak. Dit was heerlik. Ek het daarna die nuwe resep gekry om te toets (TANKWA SE SKAAPNEK BRAAI  en gaan dit nou vandag probeer. Met die metode maak jy jou eie aftreksel en ‘n braai sous (basting). As jy klaar die vleis gekook het vir 180 minute kan jy dit bere tot jy reg is om op die kole te braai met jou self gemaakte basting.

Aftreksel:
2 groot wortels
1 ui
2 stingels tafelseldery
6 takkies pietersielie
4 kruinaeltjies
1½ teelepel sout
1 teelepel peperkorrels
1½ teelepel koljanderkorrels
100 g skaapbene met bietjie vleis aan
2 liter koue water

Metode – aftreksel:
Kap die wortels, ui, seldery en pietersielie grof en gooi in die pot saam met die kruinaeltjies, sout, peper, koljander en bene.
Voeg 2 liter koue water oor en kook stadig tot daar nagenoeg 1 liter aftreksel oorbly.

Skaapnekke:
3 skaapnekke in die lengte deurgesaag
1 liter aftreksel (Die wat jy nou net self gemaak het)
4 takkies roosmaryn

Metode – skaapnekke:
Giet die aftreksel deur ‘n sif, gooi die vloeistof oor die skaapnek en voeg ‘n paar takkies vars roosmaryn by.
Bak dit in die oond teen 180º vir ongeveer drie uur.
Maak nou die braaisous deur sonneblomolie, druiweasyn, heuning, sout, peper, Worcestersous en tiemie saam te meng.
Smeer die gaar nek met die braai sous en braai oor die kole.
Foto:  Koos van der Merwe