ESME SE VRUGTEKOEK
ESME SE VRUGTEKOEK
1½kg vrugte (ek het ongeveer 1.25kg vrugte gebruik en aangevul met rooi en groen kersies),
2 koppies baie sterk rooibostee,
1 k brandewyn of wat jy verkies en 1/4 k suiker wat oornag week.
Volgende dag kom daar by 2½k meel, 1 t sout en skoot fyn kaneel, fyn naeltjies, 1t gemende speserye, en ek gooi ook by ‘n skoot cardamom en het vandag sommer ook ‘n bietjie koeksoda en bakpoeier ook oor gesprinkel net toe ek die droeë bestanddele ingemeng het en toe uitgeskep in ‘n pan en versier met kersies en neute bo-op. Dit het goed gerys en ek is baie gelukkig met hierdie baksel. Bak teen 300 grade F vir ongeveer 2 uur en dit is perfek. Pas nadat dit uit die oon gekom het het een doppie brandewyn oor gegooi en bietjie later verglans met appelkooskonfyt en Maple syrup wat ek warm gemaak en gemeng het. Dit lyk heerlik en nou kan die vriendin maar dit kom afhaal en laat mature tot kersfees. Hoop sy is tevrede en gaan dit geniet.
FOT EN RESEP: Esme Slabbert

