DRIEBONESLAAI

drieboneslaai marietested

DRIEBONESLAAI
410 g boontjies en tamatiesous
410 g botterbone, gedreineer, (1) blik
410 g groenbone, gedreineer, (1) blik
125 ml olie
250 ml asyn
100 g suiker (125 ml)
1 ui, gekap
1 soetrissie, gekap
Meng alles saam en laat staan dit ten minste 1 uur lank.
Dreineer die slaai voor bediening. Die heerlike boneslaai kan ook ‘n paar dae voor die
tyd gemaak word en hou lank in die yskas.
Resep geplaas deur Yvonne Ellis Rossouw
Foto: Marie Rheeder Troskie

VARIASIES
Reinett Mallinson
Ek sit 10 ml sweet Basil en halwe teelepel mostert by my resep. Kook die sous en al die bone gooi bietjie mazena by om die sousie bietjie dikker te maak en bottel dit warm. Hou maande lank.

Ethel Badenhorst
Ek sit skulpie noedels ook by

Juliet Lavin
I add 1 tin each cut corn and peas and leave out the tin of green beans