CORRIE SE MANGO ATJAR

tested
CORRIE SE MANGO ATJAR
Hierdie resep maak mens maar so op gevoel, maar dit is heerlik – probeer gerus!

Ek het by ‘n Indiese vriend die resep gekry en dit is heerlik.
± 10 kg uitgeswelde groen mango’s
Was en sny mango in 4 stukke, haal pit uit, gooi growwe sout oor, los vir 24 uur, gooi water af, laat staan 24 uur.

Gooi garlic, ginger, Achar Marsala te koop by Indierwinkel oor mangos, meng goed, gooi nou kookolie oor bedek heeltemal met gaasdoek.
Ek het ‘n 20 liter emmer gebruik, kan na 2 weke begin gebruik.

Die garlic en ginger is ongeveer so groot soos ‘n klein peanut botteltjie, die marsala ongeveer 2 desert lepels, dit kan jy ingooi soveel jy daarvan sal hou, ek skat dit naastenby soos ek van dit hou.
Geniet

RESEP:  Corrie Joubert