BROSKORSDEEG VIR WORSROLLETJIES (MET SODAWATER)

SODA WATER BROSKORSDEEG VIR WORSROLLETJIES
500 ml (2 koppies) koekmeel
2 ml (½ teelepel) sout
250 g Stork Bake, in blokkies gesny
80 ml (⅓ koppie) yskoue sodawater
30 ml (2 eetlepels) suurlemoensap

Meng die meel en sout in ’n bak.
Voeg die STORK BAKE by en vryf dit met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die sodawater en sap by en meng tot ’n stywe deeg.
Vorm in ’n bal, draai in kleefplastiek toe en plaas vir 1 uur in die yskas.
Maak dan jou worsrolletjies met die resep wat jy verkies.