BILTONGPOT MET NOEDELS

2014-12-17-biltong-potjie_2tested

BILTONGPOT MET NOEDELS
500 g skulp noedels (gekook)
2 groot uie (gebraai)
2 koppies kaas (cheddar)
500 ml vars room
1 pak koring (gekook)
2 pakke sampioene (gebraai)
1 kg klam biltong
Meng noedels, koring gebraaide uie en sampioene saam. Maak dan lagies met kaas en biltong. Giet room b0-oor en dan die laaste lagie kaas.
Bak in ysterpot vir ‘n uur op 130ÂșC.
Kan gehalveer word.
Bedien met groen slaai.
Groot hoeveelheid – 20 persone. (Ons maak gewoonlik alles gaar voor die tyd, en dan pak ons die pot. Net voor ons eet sit manlief dit op lou kole en giet dan eers die room oor. Dis eintlik net om warm gemaak te word.
Resep en foto: Marlize Harmse