WOOLIES SE KITS CREME BRULÈE ROOMYS
WOOLIES SE KITS CREME BRULÈE ROOMYS
1 pakkie kits Creme Brulée
Maak die mengsel aan volgens die boksie se aanwysings – meng die poeier en room in ‘n pot en bring tot kookpunt. Wanneer dit begin kook, verwdyer van die hitte.
Normaalweg word dit in ramekins gegiet en in yskas geplaas tot gestol, maar ek het die mengsel laat koud word en in ‘n roomysmaker geskep.
Ek het nie die suiker in die pakkie gebruik om te karameliseer nie, maar indien ek dit weer in roomysvorm maak, soos hierdie “brainwave” van my, sal ek “prailene” daarvan maak, opbreek en in die roomys inroer. Moet net nie vir my dieetkonsultant sê nie.
Nog ‘n roomysmaker idee:
Ek gebruik dubbelroom ongegeurde yoghurt, voeg gevriesde fyn pynappel en enige soetgoedjies (of vars kersies) daarby en laat die masjientjie draai. Maklik, hierdie was net room en die poedingmengsel. Dis baie maklik en vinnig. Die basis van die masjien moet net eers 8 ure vries. Die internet is vol roomysresepte maar ek improviseer sommer my eie. Jamie Oliver voeg gevriesde vrugte, heuning en Pimms by yoghurt. Dis heerlik.
Resep en foto: Terpsi Twinkle

