VYE IN HEUNING

Vye in heuningtested
VYE IN HEUNING

1/4 k heuning
2 e bruinsuiker
2 kaneelstokkies
350 ml halfsoet witwyn( opsioneel)
1 e lepel vars lemoenskil
4 vye stingels nie afgesny
Plaas bestandele in pot , net nie die vye nie
Verhit oor stadige hitte tot suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en plaas vye by. Ek sal die vye n sny bo op gee.
Laat prut vir 30 min liggies. Laat dit afkoel in sous.
Sit voor saam room.
Pere kan dieselfde manier gemaak word. Met rooiwyn.
Ek self plaas n stukkie feta kaas bo op die oopgesnyde vy
Resep ingestuur deur Nella Kootstra
FOTO – Thomas Kruger