VERSKILLENDE KOEKIEDRUKKER-KOEKIES-BISCUIT GUN

klein koekies petro lubbetested

VERSKILLENDE KOEKIEDRUKKER-KOEKIES-BISCUIT GUN
INGE SE KLAPPERKOEKIES:
4 koppies koekmeelblom
270 ml suiker
225 g margarien (Stork/Rama)
1 teelepel kremetart
2 eiers
1 teelepel koeksoda
1 koppie klapper

Sif die meel, sout koeksoda en kremetart saam. Vryf die margarien in. Voeg die suiker en klapper by. Maak aan tot stywe deeg met geklitste eiers en ‘n bietjie melk indien nodig. Laat staan vir ‘n uur in die yskas. Druk deur koekiedrukker op liggesmeerde bakplaat. Bak in oond 180-190ºC tot bruin plus minus 8 – 12 minute. Toets vir gaarheid.

MAIZENA TEEBESKUITJIES:
2 ½ kkoppies koekmeel
1 koppie maizena
3 eiers
1 koppie suiker
220 g  margarien
knippie sout
1 teelepel vanielje geursel
½ teelepel lemoengeursel
3 teelepel bakpoeier

Meng al die droë bestanddele saam. Vryf die margarien deeglik in. Maak aan met die geklitste eiers en geursel. Laat deeg een uur lank in yskas. Druk af op liggesmeerde bakplaat. Bak by 200ºC tot ligbruin plus minus 8-12 minute.

KOOKMELKKOEKIES:
6 x 250 ml ongesifte koekmeelblom
2 ml sout
500 g botter/Margarien
2 koppies suiker
125 ml melk
10 ml koeksoda

Meng die koekmeel en sout. Vryf botter met vingers in tot goed gemeng. Verhit die suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt en roer af en toe en pasop vir oorkook want dit skuim baie. Gooi die warm kookmelkmengsel oor die koekmeelmengsel en meng goed. Plaas die deeg in ‘n houer met ‘n deksel, maak toe en verkoel dit tot koud, dit kan oornag in die yskas gehou word. Voorverhit die oond tot 200ºC en smeer bakplate liggies. Vul koekiedrukker met deeg en druk af op bakplate. Bak die koekies 10 – 12 minute.

KOFFIEKOEKIES:
8 koppies meel
500 g botter/margarien
2 koppies suiker
1 koppie appelkooskonfyt
60 ml sterk swart koffie
(¼ koppie) 7,5 ml vanielje geursel
1 x 25 g pakkie koeksoda

Vryf botter in die meel en voeg suiker en konfyt bymekaar. Maak die koeksoda met ‘n bietjie melk aan. Meng die koffie en geursel. Voeg alles bymekaar en meng tot deeg. Plaas in yskas vir ten minste ‘n uur lank. Sit deeg in koekiedrukker en druk af op liggesmeerde bakplate. Bak in oond 190-200ºC vir 10-15 minute. Hou maar dop.
VULSEL:
1 koppie suiker
125 g botter/margarien
80 ml melk
15 ml koffie-ekstrak
5 ml vanieljegeursel

Kook bestanddele alles 5 minute saam in kastrol en klop met ‘n houtlepel nadat dit van die plaat afgehaal is tot koud en styf en vul die koekies.

KOFFIEKOEKIES:
8 koppies koekmeel
25 g koeksoda
2 koppies suiker
1 koppie gouestroop
500 g botter/margarien
30 ml kookwater
30 ml koffiepoeier

Klits die suiker en botter goed. Voeg by koffie, stroop en koeksoda (maak die koeksoda aan met ‘n bietjie kookwater. Voeg meel by , as dit te styf is, voeg ‘n bietjie melk by, maar eerder te styf as te slap. Sit deeg in yskas vir ‘n uur lank. Druk koekies af op liggesmeerde bakplate. Bak in oond 190-200ºC vir 10 – 15 minute en hou dop.
VULSEL:
190 ml melk
1 koppie suiker
125 ml botter
1 teelepel vanielgegeursel
1 eetlepel koffie-ekstrak

Kook die melk, suiker en botter vir ± 10-15 minute saam. Haal van plaat af. Voeg die geursel en ekstrak by. Klop tot dik. Gebruik dadelik.

VLA- KOEKIES VIR KOEKIEDRUKKER – BISCUIT GUN
6 koppie koekmeel
1 koppie vlapoeier
1 koppie maizena
5 teelepel bakpoeier
500 g margarien (Stork/Rama)
2 koppies suiker
4 eiers
2 teelepel vanieljegeursel

Room margarien en suiker saam. Voeg eiers by en dan die geursel. Sif die droë bestanddele in. Meng goed. Plaas in yskas vir ‘n uur lank. Sit deeg in koekiedrukker en druk koekies op liggesmeerde bakplaat. Bak in oond van 180ºC vir 12 – 15 minute. Hou dop.

KONDENSMELKKOEKIES:
12 koppies koekmeel
3 koppies suiker
3 koppies botter
1 pakkie koeksoda (25 g)
1 eetlepels gouestroop
4 eiers
1 blik kondensmelk
1 koppie vet (holsum)
1 pakkie kremetart (25 g)

Klits die botter, vet en suiker goed. Klits die stroop by. Klits die eiers baie goed en voeg dit by bogenoemde asook die kondensmelk. Sif die droë bestanddele en meng met eerste mengsel. Knie goed en plaas in yskas vir ‘n uur lank. Druk koekies af op liggesmeerde bakplate. Bak in oond 180-190ºC vir plus minus 15 minute lank.

LEMOENKOEKIES:
½ koppie botter
1 eier
3/4 koppie suiker
1 teelepels gerasperde lemoenskil
1 teelepel lemoensap
1½ koppies koekmeelblom
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout

Klop die botter en die suiker saam met ‘n houtlepel tot dit goed gemeng en romerig is. Voeg die eier by en klop dit goed. Voeg die skil en sap by. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by. Maak ‘n stywe deeg aan en plaas in die yskas vir ‘n uur lank. Druk koekies af op gesmeerde bakplaat. Bak in oond 200ºC vir 10 minute lank.

MAIZENA KOEKIES:
4 koppies koekmeelblom
4 teelepels bakpoeier
500 g margarien
900 ml versiersuiker
900 ml maizena
4 eiers

Meng margarien en versiersuiker goed. Voeg eiers een vir een by en meng goed. Sif droë bestanddele saam en voeg by botter mengsel en meng goed. Plaas in yskas vir een uur lank. Druk af op gesmeerde bakplate. Bak by 200ºC vir 10 – 15 min. en hou dop. Dit moet nog lig van kleur wees.

TEE-KOEKIES:
2 koppies koekmeelblom
1 koppie botter
3/4 koppie suiker
1/8 teelelep sout (knippie)
½ teelepel bakpoeier
1 eier
½ koppie vlapoeier of maizena
1 teelepel vanieljegeursel

Room botter en suiker saam. Voeg eier by en meng. Voeg droë bestanddele wat vooraf saam gesif is by. Men goed en plaas in yskas vir uur lank. Druk uit op gesmeerde bakplate en bak by 180ºC vir 10 minute.

KOFFIE-CREAMS:
16 koppie koekmeelblom
1 pakkie koeksoda
600 ml suiker
½ koppie sterk koffie
500 g botter
1 teelepel vanieljegeursel
2 teelepels goue stroop
1 teelepel sout

Vryf botter en koekmeel saam. Smelt suiker, stroop en koffie saam. Los koeksoda op in bietjie kookwater en voeg dit by asook vanielje en sout by. Meng goed en plaas in yskas vir uur lank. Druk op gesmeerde bakplate en bak by 190-200ºC vir 10-15 min. Hou dop.
Vulsel:
1 koppie botter
1 teelepel vanieljegeursel
1 koppie suiker
1 teelepel koffie geursel
½ koppie melk

Kook botter, suiker en melk totdat dit dik is en neem van plaat af en voeg geursel by. Smeer tussen koekies voordat dit koud is.

VLAKOEKIES:
3 koppies koekmeel
250 g botter
8 eetlepels suiker
2 eiers
8 eetlepels vlapoeier
1 teelepel vanieljegeursel
4 teelepels bakpoeier

Meng botter en suiker tot room. Sif droë bestanddele saam en voeg by botter mengsel. Voeg geursel by en meng goed. Plaas in yskas vir uur lank. Druk af op gesmeerde bakplate en bak in oond van 200ºC vir ± 8 minute. Die koekies moet geel wees en nie bruin nie so hou maar dop.

KONDENSMELKKOEKIES:
6 koppies koekmeelblom
250 g margarien
2 eiers
1½ koppies suiker
2 eetlepels stroop
1 blik kondensmelk
½ pakkie kremetart
½ pakkie koeksoda
1 teelepels sout

Room margarien en suiker saam. Voeg eiers, stroop en kondensmelk by en meng goed. Sif droë bestanddele by en maak deeg aan. Plaas in yskas een uur lank. Druk af op gesmeerde bakplate. Bak by 200ºC vir 8-12 minute en hou dop.

VLA-KOEKIES:
3 koppies koekmeelblom
1 koppie botter
1 koppie suiker
2 eiers
1 eetlepel vlapoeier
1 teelepel vanieljegeursel
4 teelepel bakpoeier

Roer botter, suiker en eiers. Meng droë bestanddele saam en voeg by bottermengsel en meng goed. Plaas in yskas vir uur lank. Druk af op gesmeerde bakplate. Bak by 200ºC vir 8-10 minute en hou dop.
Geplaas deur Antoinette Roode
Foto:  Petro Lubbe