VEGETARIESE TWO MINUTE NOODLES

 

2014-11-06-flickrtested

Ek het n lekker vegetariese resep vir 2minute noodles. Het dit altyd gemaak toe ek nog ongetroud was en in my ouerhuis gebly het. Kook so 4-5pakkies 2min noodles. Ek vat gewoonlik die kaas geur,maar waarvan julle ook al hou.

Hou eenkant. Dan braai ek uie,mushrooms en vars tamatie. Vir die vleis liefhebbers,kan julle bacon insit. Dan maak ek n kaas/witsous. Ek sit geen speserye of sout in my uie mengsel nie,maar in my witsous sit ek aromat,swart peper en bietjie origanum/italian herbs. Dan meng ek als saam (uie mengsel,noodles en witsous) Strooi kaas bo-oor en bak in die oond so vir 20-30min teen 180 grade. Hoop julle geniet hom!
Anthea Ernst
Foto:  Flickr