TUISGEMAAKTE MAYONNAISE
Kry jou stick blender reg en ‘n houer wat smal genoeg is dat dit mooi tot onder pas. Nou;
1 eier
3 eetlepel suurlemoensap of asyn
1 teelepel mosterd
1 koppie olie – ek gebruik canola
sout en peper/ knoffel/ kruie na smaak.
Gooi in die volgorde in die houer.
Druk nou jou stick blender tot op die bodem.
Begin blitz totdat daar so mooi skuimpie bo op le. Bring dan jou menger stadig op boontoe totdat jy sien dit is lekker dik en goed gemeng.
Die resep neem langer om te lees as om dit te maak.
Ek is seker daar gaan vanaand ‘n paar pogings op die tafel wees.
Foto en resep: Bernadene Daniell Prinsloo

