MAKLIKE TERTKORS
MAKLIKE TERTKORS
125 g botter/margarien
50 g (60 ml) witsuiker
1 eier
275 g (500 ml) koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knypie sout
Begin deur die botter oor ‘n lae hitte te smelt. Roer dan die suiker en eier daarby en sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en meng dit met die eiermengsel. Druk die deegmengsel in 2 tertbakke in en prik die korse. Bak die korse vir ongeveer 10 minute, teen 180 grade C.
BRON- Christa Flemming

