TANNIE SOEKIE SE ROLKOEK

tested
TANNIE SOEKIE SE ROLKOEK
Die resep kom oorspronklik van Tannie Soekie van Bothaville distrik af, maar ek ken ongelukkig nie haar van nie. Sy het die resep meer as 40 jaar gelede vir my ma gegee.
Sif saam:
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
Meng saam en klits:
4 eiers
1 koppie suiker
3 eetlepels water

Voeg die droë bestanddele by die nat bestanddele en meng goed.
Smeer plat oondpan en sit waspapier in en smeer dit ook.
Sit oond aan op 190°C.
Giet mengsel bo-op waspapier en bak vir 10 min.
Maak ‘n vadoek klam en strooi versiersuiker daarop.
As koek uit oond kom, rol dadelik op in klam vadoek en hou so vir 2 minute.
Rol dan koek weer oop, haal waspapier af en smeer karamel of konfyt op en rol koek dan weer stadig toe.
Sprinkel bietjie versiersel oor.

Foto:  Sheila Marsburg Troskie