SUURLEMOENBROODJIE – KOEK

suurlemoenbroodjietestedsuurlemoen
SUURLEMOENBROODJIE – KOEK
1 koppie suiker
125 ml olie
2 eiers
1 teelepel suurlemoen essence
2 koppies koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
125 ml melk
skil gerasper van 1 groot suurlemoen

STROOP:
Die suurlemoen se sap gemeng met 2 eetlepels suiker gekook in ‘n klein kastrol oor matige hitte tot dat ‘n stropie vorm.

Meng eers die suiker, eiers, lemon essence en olie saam. Dan word al die droë bestanddele soos die koekmeel, sout en bakpoeier daarna ingesif,
Gooi die melk by en meng sowel as die gerasperde skil van die suurlemoen.
Voorverhit die oond temp 180°C en bak vir so ‘n uur. (Toets met pen teen 35 tot 40 min)
Gooi die sous oor die broodjie sodra die broodjie uit die oond kom.
Bron en Foto: Lloyd Joseph

Koek foto:  Charlene Erasmus
Nota:  Ek het bogenoemde resep net in ‘n ring pan gebak met die volgende glansversiersel
Ek neem 2 koppies versiersuiker en meng dit met ‘n klein bietjie warm water tot ‘n smeerbare pasta. ‘n Druppel suurlemoengeursel word bygevoeg. Sodra gemeng, smeer oor koek wat effens afgekoel het en versier soos verkies.