SKILFERKORS VLEISPASTEITJIES

 

2014-11-18-skilferkorsdeegtested

SKILFERKORS VLEISPASTEITJIES

Kors:
250g Koekmeel (ongesif)
1ml see sout
250g koue botter
100ml soda water
10ml brandewyn

Metode:

Sif die meel in ‘n mengbak met ‘n knypie see sout.
Voeg botter by die meel en vryf dit in met jou hande. Daar sal stukke botter gesien kan word. Maak ‘n gat in die middel van die bak en voeg die sodawater en brandewyn by en meng. Voeg ‘n klein bietjie water by (indien nodig) om deeg ferm te kry.
Rol die deeg uit op ‘n bord gestrooi met ligte meel en repies botter sal nogsteeds sigbaar wees in die deeg.
Vou ‘n derde van die deeg na die middel toe en dan vou die onderste derde van die deeg oor. Draai die deeg ligtelik en rol dit dan weer uit. Herhaal die vou, rol en draai van die deeg twee maal.
Verkoel deeg vir ten minste 30 minute voor gebruik daarvan.

Vulsel:

1 pak beesmaalvleis
1 pak varkmaalvleis
1 ui fyn gekap
1 pakkie gekerde sampioene
1 bottel Ina Paarman Bolognese sous
Sout, peper en origanum na smaak
1 eetlepel blatjang

Metode:

Maak die ui en sampione gaar op die pan in ‘n bietjie olyf olie tot bros bruin. Voeg die beesmaalvleis en varkmaalvleis daarby tot dit gaar is. Voeg in tussen sout, peper en origanum na smaak. Sodra maalvleis gaar is, voeg bottel Ina Paarman Bolognese sous by en roer in. Voeg ook die eetlepel blatjang by.

Instruksies:

Voorverhit die oond tot 180C. Rol een derde van die deeg dun uit op ‘n meel-bestrooide deegplank en sny dit in reghoeke. Skep ‘n hoogvol teelepelvulsel teenaan een kort sy op elke reghoek en maak die teenoorstaande kort sy met water klam. Rol die vulsel in die reghoek toe.
Klits twee eiers met 15ml melk en bestryk die rolletjies met dit.
Maak twee vlak snytjies met ‘n skerp mes oor die rolletjies.
Bak rolletjies 10 minute of tot goudbruin.

Foto en resep: Chinell van der Westhuizen