SKAAP AFVAL POT
Skoon pens en pote en 1 kg skaap skenkels, 2 uie in stukke gesny. In die slow cooker gesit met 1 koppie water, 1 koppie wit asyn, potjie kos spice, dit is 16 spices wat gemeng word deur die Indiers. Halwe koppie chuckney en so drie eet lepels woster souce. Ek het dit op hoog gesit vir 7 ure.
Saam met rys en groente geeet. Die res het ek opgeskep in n bak met al die sous in die yskas gesit en Brawn gemaak.
Vir Brawn
Die bene uit gehaal op geskep in n bak en toe die sous wat in die cooker oor is, bo oor gegooi. Het klaar genoeg geletien in van die bene. Ek het niks by gesit nie.
BRON- FLORIS MOMBERG


