SJOKOLADEROL MET KERSIEVULSEL

2014-11-02-sjokoladeroltested
SJOKOLADEROL MET KERSIEVULSEL
300 ml strooisuiker
160 ml kakao
8 eierwitte
1 ml kremetart
5 ml vanilla geursel
Strooisuiker om in te rol

Sif helfte van die strooisuiker en kakao saam. Hou eenkant.
Klits die eierwitte en kremetart saam tot dit sagte punte vorm. Voeg die res van die strooisuiker lepel vir lepel by en klits tot styf en blink. Vou die kakaomengsel en die vanilla in.
Skep in die voorbereide pan en maak gelyk. Bak ongeveer 25 minute.
Strooi strooisuiker oor ‘n skoon vadoek en keer die rol daarop uit. Laat die rol effe afkoel en trek dan die bakpapier af. Sny die kante gelyk en rol op met die vadoek. Laat heeltemal afkoel.

Vulsel:
500 ml natuurlike jogurt, oornag dreineer
500 g vars kersies, ontpit.

Rol oop, smeer jogurt oor en strooi die kersies oor. Rol weer op

Foto: Christa Vd Heever Grobbelaar