ROTS KOEKIES

2014-11-22-rotskoekiesjennytested

ROTS KOEKIES
6.5  koppies koekmeel
10 teelepels bakpoeier
1.5  koppies suiker
250 g margarien of botter
3 eiers
1.5  koppies melk
1 teelepel sout
1.5  koppies droë vrugte koekmengsel

Vryf botter in droë bestanddele.
Meng droë vrugte in (ekt so ¼ koppie groen en rooi kersies opgesny en bygevoeg, kan ook bietjie klapper ingooi as jy wil)
Klits eiers en melk, voeg by en meng goed, dis ‘n stywe deeg.
Maak hopies op bakplaat en sprinkel met suiker en kaneel (optioneel).
Bak 15 – 20 min teen 180 ºC.

Neem kennis maak klein bolletjies, dit sit baie uit wanneer dit gebak word.
Foto en resep:  Jenny Schneigansz