ROOIHOENDER


ROOIHOENDER
½ koppie tamatiesous
½ koppie vrugteblatjang
1 koppie mayonnaise
¼ koppie Worcestersous
2 kg hoender braaistukke
Aromat of sout en peper na smaak
Meng die souse saam, voeg die geurmiddels na smaak by en giet oor die hoenderporsies.
Laat die hoenderstukke in die sous marineer vir so lank moontlik of oornag.
Kook die hoender in die sous op ‘n skottelskaar of bak in ‘n voorverhitte oond by 180ºC tot gaar.
Lekker soet en taai storie.
Resep getoets en foto: Marlene Potgieter