RENE SE STAMPMIELIEGEREG

tested

RENE SE STAMPMIELIE GEREG
Ek maak my stampmielies gaar, so lekker souserig.
En dan sit ek by wat daardie dag in die huis is.
Spek, uie, sampioene, pepers ens. wat ek gebraai het en goeie skoot cheddar kaas,

So ongeveer 250 ml melk
3 GROOT geklitsde eiers
0ngeveer 45 g koekmeel saam geklits.

Meng die stampmielies, gebraaide uie ens. en kaas. Sit in bakskottel en giet melkmengsel oor.
In die swartpot op die vuur, matige kole , so 45 minute tot ‘n uur. Oond 180 ÂșC 45 minute

Resep: Rene Truter Wessels