PIESANG EN MALVALEKKER MUFFINS

2014-11-15-muffinstested
PIESANG EN MALVALEKKER MUFFINS
Meng saam en hou eenkant
500 ml koekmeel
1 teelepel bakpoeier
125 ml semels
125 ml sagte bruinsuiker
75 g gesnipperde malvalekkers

Smelt 100 g margarien en 75 ml gouestroop saam en hou eenkant
Meng saam
185 ml plain jogurt
60 ml melk
5 ml koeksoda
1 groot piesang fyngedruk

Meng nou al die mengsels saam
Bak 20 min of tot gaar in muffin pannetjies

Bron:  Marie Grobler