PAMPOEN SPESERY PASTA

2014-11-10-pampoenpastatested
PAMPOEN SPESERY PASTA
1 koppie pampoen puree (maak seker dis in liquid vorm as ek so kan se. Myne was nie so fyn nie en ek dink die puree sou ‘n hele ander tekstuur gegee het)
1/2 ui (baie fyn)
4 koppies groente aftreksel (ek het 3 blokkies stock gebruik)
2 eetlepels olyf olie
1/2 koppie wit wyn
4 groot knoffel huisies (ek sal volgende keer 3 gebruik en dit moet baie fyn wees)
1/2 teelepel neutmuskaat
1/8 teelepel chillie / red pepper flakes
1/2 teelepel sout
1/4 teelepel peper
Parsley vir garnering
250 ml koppie Linguine
100 g Cream cheese (NB myne was baie sout, want ek het chives flavoured cream cheese gebruik. Ek sal volgende keer die sout heeltemal los. Die kaas het genoeg sout in)

Voeg al die bestanddele bymekaar in een pot behalwe die kaas.
Bring tot by kookpunt teen ‘n hoë hitte. Stel dan ‘n horlosie vir 9-10minute en laat kook. Roer gereeld.
Na 10 min haal van die plaat af. Gooi die kaas by. Roer goed deur en laat staan ‘n rukkie.
Skep op en garneer. Geniet dit!
NS. Die pasta sal bietjie “souserig” lyk maar wanneer dit staan sal jy sien dit verdik en na die kaas is hy perfek.
Resep: Ingrid Nilsen
Gepos deur:  Elre van den Heever