MAYONNAISE HOENDER
MAYONNAISE HOENDER
(Ek het vir twee gemaak)
2 groot stukke dye
½ koppie chutney
1 koppie mayonnaise
bietjie minder as ‘n ½ koppie Worcestersous
¾ koppie tamatiesous
‘n paar sampioene, opgesny
2 klein uie, gesny
1 koppie van die hoender aftreksel
Braai uie en sampioene.
Kook hoender vooraf bietjie gaar in mikrogolf (hou vloeistof vir hoender aftreksel).
Meng alles saam en gooi in bak met deksel. Bak verder in die oond so op 180°C. Bedien met aartappels en rys (maak die lekkerste sous vir rys). Boontjies en soetwortels daarby.
Marie Rheeder Troskie

